Die boom van GOED en KWAAD

Danie praat inheems

In seker die bekendste “storieboek” oor ons omgewing se woude “Kringe in ‘n bos” deur Dalene Matthee, staan daar op p.34:

“Saul het selfs geweet watter boom die Boom van Goed en Kwaad is: die geelhoutboom.  Tot die olifante weet dit.  Dis die enigste boom in die hele Bos waarvan hulle nie ‘n blaartjie sal vreet nie, nie ‘n stukkie bas van sal afskeur nie.  Nie van ‘n upright nie, nie van ‘n kalander nie.”

Maar amper, amper was die geelhoutbome uitgewis as gevolg van die mens se gulsigheid om meer en meer geelhout af te kap vir gebruike soos onder andere – kan jy dit glo – spoorwegdwarslêers.  Gelukkig is daar ingegryp en genadiglik het ‘n aantal van die eeue-oue reuse van die bos oorgebly.

Naby aan die indraaipad na Nature’s Valley (onder in die Grootrivierpas) staan een so ‘n ou reus wat sy storie tot vandag toe kan vertel danksy die bewaringsbewustheid van een man, Hendrik Barnardo.

Die volgende aanhaling uit “The story of Nature’s Valley” vertel die storie:  (“The story of Nature’s Valley” is by die Nature’s Valley Trust beskikbaar.)

“With the building of the Groot River Pass there appeared on the scene a young man who lived all his life in the valley, raising three families and dying there.  This was Hendrik Jacobus Hermanus Barnardo, also known as Hendrik Grootrivier.  Apparently he advised Bain to build the passes on old elephant paths.  He was also one of the first tree conservationists in the area.

When Bain was building the Groot River pass, Barnardo stood guard in front of a massive Yellowwood tree and threatened to shoot any engineer who came near the tree to chop it down.

Today, after the pass has been rebuilt many times, it still makes a detour around Barnardo’s Yellowwood tree!  Although he made money from timber, he always tried to protect what nature handed out to us. His motto was: If you chop down a tree you are obliged to plant six in its place.”

Foto: Volgens oorlewering is dit die boom wat Hendrik met sy geweer beskerm het.  Dit staan op die draai net ná die ingang na die De Vasselot-kamp (van Sanparke) onder in die Vallei. Danie Muller 082 320 1833 of 044 531 6790 E-pos oupadaan@lantic.net Danie woon in Nature’s Valley in die “Oupa Daan”-huis in St George’s Laan 245

 

Bome - Geelhout Boom van goed en kwaad

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *