Kudde evaluering ‘n sukses

Die jaarlikse Herold en George kudde evaluering het vanjaar op George skougronde plaasgevind en was ‘n groot sukses.

Daar was twee groepe onder beoordeling ( Merinos en Dhone Merinos ) en 10 deelnemers het elk 8 ooie ingeskryf.

Die gehalte en kwaliteit was baie goed van ooie en dit moeilik gemaak vir beoordelaars.

Gawie van Wyk ( NWKV Carnarvon ) het Merinos beoordeel en Corne Nel ( BKB skaap en wol beampte Beaufort Wes ) die Dhone Merinos. Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB het gehelp met reelings en Deon Greyling van BKB skeerdiens Oudtshoorn het die dag afgeluit met skeerdemonstrasie wat almal baie geniet het.

Die uitslae was soos volg:

Merinos
Algehele Wenner: Frikkie van der Walt bestuurder van Saag Jonker Familie Trust, Schoonberg, Herold.

Beste ooi : Frikkie van der Walt , Schoonberg , Herold.

Beste wol : Gus du Toit van Grootfontein, Herold.

Beste bouvorm : Andre De Jager van Swartklip , Albertinia.

Beste vordering : Mias Nieuwoudt van Ezeljaght , Herold.

Dhone Merinos
Algehele wenner: Petra en Thys du Toit van Buffelsfontein, Mosselbaai.

Beste ooi: Petra en Thys du Toit van Buffelsfontein , Mosselbaai.

Beste wol: Petra en Thys du Toit van Buffelssfontein, Mosselbaai.

Beste Bouvorm: George van Reenen van Ganzekraal, Herold.

Beste vordering : Henry Meyer van Pleasant View, Hartenbos.
www.knysnaplettherald.co.za•

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *