Haal uit en wys jou plakker!

Wees waaghalsig, wees slim, gebruik jou verbeelding wanneer jy jou uitrusting vir vanjaar se Loslitdag kies. Die tema is Loslit innie Lente en dit gee almal die geleentheid om uitspattig aan te trek. Maar onthou tog net jou amptelike plakker, of kry sommer ‘n hele ‘bos’ plakkers. Die jaar se amptelike kleur is liggroen.
Loslitdag vind vanjaar op Vrydag 4 September plaas en plakkers is nou in alle deelnemende winkels verkrygbaar.
Loslit Dag is in 1995 in Suid-Afrika bekendgestel en die oorweldigende reaksie van die publiek het ons oortuig dat hierdie ‘n jaarlikse instelling moet word. Die begunstigde organisasies is nasionale organisasies ter begunstiging van mense met gestremdhede. Die projek word beheer deur Die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA en word geborg deur die Edcon-groep.
Loslit Dag het oor die afgelope 20 jaar R222 miljoen ingesamel vir mense met gestremdhede.
Donasies van R10 per plakker is belangrik aangesien ons so die nodige fondse kan insamel ter ondersteuning van persone met gestremdhede se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun… met ander

woorde, volle inskakeling in die gemeenskap.
Die plakker is verkrygbaar vir ‘n donasie van R10 vanaf alle Edcon-winkels (Edgars, Red Square, Boardmans, Jet, JetMart, Legit, CNA), Game, Dionwired, Shoprite, Checkers, Absatakke, en deelnemende organisasies.
Kyk uit vir die kompetisie vir die mees oorspronklike uitrusting – besonderhede sal op die webblad en Facebook verskyn.
www.casualday.co.za
FB: www.facebook.com/casualdaySA
Twitter: @CasualDay_SA
#CasualDay
#LoslitInnieLente
Hierdie is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir persone met gestremdheid. Die groot begunstigdes is die volgende organisasies:
Die Nasionale Raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika;
Die SA Federasie vir Geestesgesondheid;
Federasie vir Dowes van SA;
Die Nasionale Raad vir Blindes;
Outisme Suid Afrika;
Down-Sindroom Suid-Afrika;
Die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid;
Die Suid-Afrikaanse Dowe Vereniging;
Die Nasionale Instituut vir Dowes;
QuadPara Vereniging van Suid-Afrika;
Alzheimer’s Suid-Afrika, en
South African Disability Alliance.

For more information, photographs and publicity material call
Andrea Vinassa / Media co-ordinator for Casual Day
Cell: 079 089 9835
Landline Cape Town: 021 790 6698
Landline Edenvale: 011 609 7006
Email address:
andrea.flashpoint@gmail.com•

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *